Ninoy Aquino Internasionale Lughawe (NAIA) (IATA: MNL – ICAO: RPLL) oorspronklik bekend as Manila Internasionale Lughawe, is die belangrikste internasionale lughawe wat die Manila-metropolitaanse gebied in die Filippyne bedien. Geleë tussen die stede Pasay en Parañaque, 7 km suid van Manila en suidwes van Makati, is dit die hoofpoort vir reisigers na die Filippyne en dien as 'n spilpunt vir lugrederye soos AirSWIFT, Cebgo, Cebu Pacific, PAL Express en Philippine Airlines.
Dit is vernoem na die voormalige Filippynse senator Benigno "Ninoy" Aquino Jr., wat op 21 Augustus 1983 by die lughawe vermoor is. NAIA word bestuur deur die Manila Internasionale Lughawe-owerheid (MIAA), 'n agentskap van die Departement van Vervoer (DOTr).
Statistiek Data van Airports Council InternationalAirport Council International en die Manila International Airport Authority.
JaarPassasiers% verskilLugbewegings% verskilVrag (ton)% verskil 2009 24,108,825 8.3 186,966 348,994.25 2010 27,119,899 12.5 200,107 7.03 425,382.71 21.89 2011 29,552,264 9.0 217,743 8.81 410,377.05 3.53 2012 31,878,935 7.9 235,517 8.16 460,135.15 12.12 2013 32,865,000 3.1 237,050 0.65 457,077.17 0.66 2014 34,015,169 3.5 236,441 0.26 520,402.63 13.85 2015 36,681,601 7.84 249,288 5.43 586,890.53 12.78 2016 39,516,782 7.73 258,313 3.62 630,165.69 7.37 2017 42,022,484 6.34 258,366 0.02 662,256.99 5.09 2018 45,082,544 7.28 259,698 0.52 738,697.94 11.54 2019 47,898,046 6.25 277,530 6.87 721,708.09 2.30 2020 11,145,614 76.73 91,067 67.19 533,955.78 26.01 2021 8,015,385 28.09 121,095 24.8 588,370.92 10.19 2022 30,961,467 61.76 246,724 50.92 402,732.26 31.55
Galery
Verwysings
Kategorie:Lughawens in Suidoos-Asië