Satyrium rhodanthum is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom by Ixopo en Dumisa in die KwaZulu-Natal Middeland voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van slegs 43 km² en het reeds groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan ontwikkeling en die aanplant van plantasies. Daar is tans slegs twee subpopulasies oor wat bedreig word deur indringerplante.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika rhodanthum