Werchnekalinofski (Russies: Верхнекалиновский) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Werchnekalinofski Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Jamana, insluit. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die linkeroewer van die Kizanrivier 11 kilometer suidoos van die rajon se setel, Kamiziak.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Werchnekalinofski 1 328 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 788 59,3% Kasakke 388 29,2% Koemikke 10 0,8% Tsjetsjniërs 10 0,8% Oekraïners 10 0,8% Tartare 9 0,7% Tadjiks 4 0,3% Aware 3 0,2% Moldawiërs 3 0,2% Onbekend 103 7,8% Totaal 1 328 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast