Waterstoffluoried is 'n verbinding van waterstof en fluoor. In suiwere vorm is dit 'n gas of 'n baie vlugtige vloeistof met 'n kookpunt van slegs 20 °C. In waterige oplossing word dit ook fluoorsuur genoem.

Kristalstruktuur duimnael|links Die struktuur van vaste deuteriumfluoried DF is met neutrondiffraksie bepaal by 85K en 4,2K. Die struktuur is ortorombies. Daar is vier watersoffluoriedmolekules in die eenheidsel en hulle vorm sigsagkettings in die rigting van die c-as wat deur sterke waterstofbinding bymekaar gehou word. Eienskappe Dit is 'n taamlik swakke suur, die pKa is slegs 3,8 Suiwere HF is 'n slegte geleier van elektrisiteit. Dit kan nogtans verbeter word deur kaliumfluoried op te los. KF.2HF is 'n geleidende eletroliet met -katione en -anione. Dit kan vir die kleinskaalse laboratoriumvervaardiging van fluoorgas gebruik word.

Geochemie Fluoorsuur word in die analitiese geochemie gebruik om silikate af te breek. Dit vorm die vlugtige silikontetrafluoried of die heksafluorosilikaatioon in oplossing. Hoewel waterstoffluoried alleen doeltreffender is, word gewoonlik 'n oksiderende suur soos of toegevoeg aan die reagens omdat soute dikwels nie in HF oplosbaar is nie. Omdat glas maklik aangetas en opgelos word, word gewoonlik plastiek soos PTFE of teflon gebruik.

Veiligheid Dit is 'n gevaarlike stof wat spesiale opleiding vereis om daarmee veilig te kan werk. Dit kan die oë en die vel kwaai beskadig en is 'n inwendige gif. Blootstelling aan die gas kan blindheid veroorsaak.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese sure Kategorie:Verbindings van fluoor