Staroöeroesofka (Russies: Староурусовка) is 'n dorpie in Krasnojarski-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Boezan Plaaslike Munisipaliteit en lê op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta.

Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "ou" en die Turkiese woord vir "Russe".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Staroöeroesofka 142 inwoners gehad. Etniese Nogais vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Nogais 105 73,9% Tartare 23 16,2% Kasakke 6 4,2% Russe 5 3,5% Onbekend 3 2,1% Totaal 142 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast