Chosjeoet (Russies: Хошеут) is 'n dorpie in Oktjabr-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Chosjeoet Plaaslike Munisipaliteit. Die dorpie se naam kom van die woord Хошуд (Chosjoed) wat die naam van 'n Kalmikiese stam is.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Chosjeoet 387 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 372 96,1% Koemikke 9 2,3% Russe 6 1,6% Totaal 387 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië