Razboegorje (Russies: Разбугорье) is 'n klein Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Kozlowo Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die letterlike betekenis van die dorpie se naam is "plek met baie heuwels".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Razboegorje 411 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 404 98,3%Nogais 4 1%Onbekend 3 0,7%Totaal411100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast