Vance DeVoe Brand (* 9 Mei 1931 – ) is 'n afgetrede Amerikaanse vlootoffisier, vlootvlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en NASA ruimteman. Hy was die vlieënier gedurende die eerste V.S.A.-Sowjet gesamentlike ruimtevlug in 1975 en was die bevelvoerder van drie ruimtependelmissies. Sy vlugondervinding is 9 669 vliegure, wat 8 089 ure in straalvliegtuie insluit, 391 ure in helikopters, 746 ure in ruimtetuie en die toetsing van meer as 30 militêre vliegtuie.
Hy is gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Lewende mense