Die Indiese Nasionale Kalender (ook die Saka-kalender genoem) is die amptelike kalender van die staat van Indië. Hierdie kalender word naas die Gregoriaanse kalender gebruik. Die Saka-kalender moet nie met die Hindoekalender verwar word nie.
Jaarindeling Maand Lengte (dae) Gregoriaanse datum 1 Chaitra 30/31 22 Maart 2 Vaishākha 31 21 April 3 Jyaishtha 31 22 Mei 4 Āshādha 31 22 Junie 5 Sravana 31 23 Julie 6 Bhādrapada 31 23 Augustus 7 Āshwina 30 23 September 8 Kārtika 30 23 Oktober 9 Mārgashīrsha (Agrahayana) 30 22 November 10 Pausa 30 22 Desember 11 Māgha 30 21 Januarie 12 Phālguna 30 20 Februarie
Die Saka-jaar het dus, net soos die Gregoriaanse kalender, 365 of 366 dae. Jare word getel vanaf die Gregoriaanse jaar 78. In die jaar verslaan koning Gautamiputra Satakarni van die Satavahana ryk sy teenstaanders, wat gesien word as 'n belangrike gebeurtenis in die Indiese geskiedenis. Deur die getal "78" by die Saka-jaar te voeg, kom mens dus by die Gregoriaanse jaartal uit. Wat merkwaardig is, is dat die maande van die Indiese kalender nagenoeg saamval (somtyds één dag verskil) met die periodes van die sterrebeelde van die sogenaamde Westerse astrologie.
Agtergrond Die Saka-kalender is in 1957 ingevoer.
Sien ook Gregoriaanse kalender Hindoekalender
Verwysings Calendars and their History (by L.E. Doggett) Indian Calendars (by Leow Choon Lian, pdf, 1.22mb) Positional astronomy in Indië
Kategorie:Kultuur in Indië Kategorie:Kalenders