duimnael|regs|Neuschäfer in 2023. Kirsten Neuschäfer ( gebore 23 Junie 1982) is 'n Suid-Afrikaanse seiljagvaarder wat spesialiseer in hoë breedtegraad en ekstreme avontuurvaart. Sy is die wenner van die 2022 Golden Globe-wedvaart, en is die eerste vrou wat 'n om-die-wêreld-seiljagwedvaart wen deur die drie groot kaape, insluitend solo- en volle bemanning-resies, ononderbroke, en die eerste Suid-Afrikaanse seiljagvaarder wat 'n om-die-wêreld-byeenkoms wen.
Loopbaan Kirsten Neuschäfer het as kind begin om rubberbote te seil, en werk sedert 2006 as 'n professionele matroos. Sy het as 'n matroos gewerk met huuraflewerings, voordat sy in hoëbreedtevaart gespesialiseer het en filmspanne na plekke soos Suid-Georgië, die Falkland-eilande, Patagonië en die Antarktiese skiereiland geneem het. duimnael|Kirsten Neuschäfer se boot Minnehaha.
2022 Golden Globe-seilwedvaart Kirsten Neuschäfer is die enigste vroulike skipper wat aan die 2022 Golden Globe-wedvaart deelgeneem het, 'n retro-seilwedvaart waarin die deelnemers eiehandig om die wêreld vaar, solo, ononderbroke deur ouskoolbote en deur uitspansel navigasie te gebruik, sonder die gebruik van enige moderne toerusting. Tydens die wedren het sy 'n mede-deelnemer, Tapio Lehtinen, gered nadat Lehtinen se boot gesink het en hy meer as 24 uur in die suidelike Indiese Oseaan gedryf het. In Januarie 2023 is die Rod Stephen Seamanship Trophy deur die Cruising Club of America en die Ocean Cruising Club (OCC) se Seamanship Award aan haar toegeken vir haar rol in hierdie reddingsoperasie. Sy het die vloot gelei sedert sy om die Kaap Hoorn is, en het die eerste vrou geword wat hierdie vaart om die wêreld gewen het. Volgens die Internasionale Vereniging van Cape Horner se rekords, het Neuschäfer met die voltooiing van die wedvaart die sewende vrou geword wat die wêreld sonder onderbreking omseil het deur die groot kaape in seiljagte onder 18 m.
Haar boot Minnehaha is 'n Cape George 36 wat in Port Townsend, Washington, gebou is in 1988. Neuschäfer het 'n jaar op die Prins-Edward-eiland deurgebring terwyl sy haar boot herbou het ter voorbereiding van die GGR.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Seiljagvaarders Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue Kategorie:Golden Globe-wedvaart