Shou Zi Chew (gebore 1 Januarie 1983) is 'n Singapoerse sakeman en entrepreneur wat sedert 2021 as hoof uitvoerende beampte van TikTok gedien het.

Vroeë lewe en opvoeding Chew is op 1 Januarie 1983 in Singapoer gebore. Hy is in 'n werkersklasgesin gebore, sy pa het in konstruksie gewerk terwyl sy ma 'n boekhouer was.

Na sy graduering aan die Hwa Chong-inrigting, het Chew voortgegaan om sy nasionale diensplig te doen waartydens hy 'n offisier in die Singapoer Gewapende Magte was.

Na sy militêre diensplig het Shou verder aan die Universiteitskollege van Londen studeer waar hy in 2006 met 'n Baccalaureusgraad in Ekonomie gegradueer het.Hy het daarna 'n Meestersgraad in Besigheidsadministrasie aan Harvard Besigheidskool in 2010 voltooi. Terwyl hy aan Harvard-universiteit gestudeer het, het Chew 'n somer-internskap by Facebook voltooi.

Loopbaan Nadat hy in 2006 aan die University College London gegradueer het, het Shou vir twee jaar by Goldman Sachs in Londen gewerk as 'n bankier voordat hy by die waagkapitaalfirma DST Global aangesluit het. By DST Global het Chew 'n span vroeë beleggers in ByteDance in 2013 gelei. In 2015 het Shou by die slimfoonreus Xiaomi aangesluit as sy finansiële hoof. Hy sou later in 2019 Xiaomi se internasionale sakepresident word.

In Maart 2021 het Shou by ByteDance aangesluit as sy finansiële hoof. Hy het daarna die voormalige uitvoerende hoof van TikTok, Kevin A. Mayer, vervang, wat die filiaalmaatskappy van ByteDance verlaat het na drie maande in die pos.

In Maart 2023 het Chew voor die Amerikaanse Kongres getuig oor die wetgewende poging om TikTok in die Verenigde State te verbied.

Persoonlike lewe Shou het getrou met die Taiwanese Amerikaner Vivian Kao. Hulle het albei in 2008 ontmoet terwyl hulle by Harvard besigheidskool studeer het. Die egpaar het twee kinders.

Chew hou daarvan om te gholf en lees boeke oor teoretiese fisika in sy vrye tyd.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Singapoerse entrepreneurs Kategorie:Hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense