duimnael|Sielkunde Omgewingsielkunde is 'n tak van sielkunde wat die verhouding tussen mense en die eksterne omgewing ondersoek. Dit ondersoek die wyse waarop die natuurlike omgewing en ons beboude omgewings ons as individue vorm. Omgewingsielkunde beklemtoon hoe mense die omgewing verander en hoe die omgewing mense se ervarings en gedrag verander. Die veld definieer die term omgewing wyd, wat natuurlike omgewings, sosiale omgewings, beboude omgewings, leeromgewings en inligtingsomgewings insluit. Volgens 'n artikel op APA Psychnet is omgewingsielkunde wanneer 'n persoon 'n plan bedink, dan na 'n sekere plek toe reis en die plan deurvoer in hulle daaropvolgende gedrag. Russell, J A; Ward, L M (January 1982). "Environmental Psychology". Annual Review of Psychology. 33 (1): 651–689. doi:10.1146/annurev.ps.33.020182.003251
Omgewingsielkunde is eers in die laat sestigerjare as 'n aparte veld erken toe wetenskaplikes die verband tussen menslike gedrag en ons natuurlike en beboude omgewings begin bevraagteken het. Sedert sy konsepsie is die veld verbind tot die ontwikkeling van 'n dissipline wat beide waardegeoriënteerd en probleemgeoriënteerd is, wat navorsing prioritiseer wat daarop gemik is om komplekse omgewingsprobleme op te los in die strewe na individuele welstand binne 'n groter samelewing. Proshansky 1987 Wanneer probleme opgelos word wat mens-en-omgewing interaksies behels, hetsy wêreldwyd of plaaslik, moet 'n mens 'n model van menslike natuur hê wat die omgewingstoestande voorspel waartydens mense gunstig sal reageer. Hierdie model kan help om omgewings te ontwerp, te bestuur, te beskerm en/of te herstel wat redelike gedrag verbeter, waarskynlike uitkomste voorspel wanneer hierdie voorwaardes nie nagekom word nie, en probleemsituasies diagnoseer. Die veld ontwikkel so 'n model van menslike natuur met behoud van 'n breë en inherente multidissiplinêre fokus. Dit ondersoek uiteenlopende kwessies soos gemeenskaplike eiendomshulpbronbestuur, hoe om jou pad te vind in komplekse omgewings, die effek van omgewingstres op menslike prestasies, die kenmerke van omgewingsrestorasie en helende omgewings, menslike inligtingverwerking en die bevordering van volhoubare bewaringsgedrag. Die afgelope tyd, naas die verhoogde fokus op klimaatsverandering in die samelewing en die sosiale wetenskappe en die heropkoms van beperking-van-groei-kwessies, was daar 'n groter fokus op omgewingsvolhoubaarheidskwessies binne die veld. DeYoung 2013
Hierdie multidissiplinêre paradigma het nie slegs die dinamika gekenmerk waarvoor omgewingsielkunde na verwagting sou ontwikkel het nie, maar dit was ook die katalisator om ander vakgebiede aan te lok, afgesien van navorsingsielkundiges. Geograwe, ekonome, landskapargitekte, beleidmakers, sosioloë, antropoloë, opvoeders en produkontwikkelaars het almal hierdie veld ontdek en daaraan deelgeneem. Proshansky 1987
Alhoewel "omgewingsielkunde" waarskynlik die bekendste en ook die mees omvattende beskrywing van die veld is, staan dit ook bekend as menslike faktore wetenskap, kognitiewe ergonomie, ekologiese sielkunde, ekopsigologie, omgewing-gedragstudies en persoon-omgewingstudies. Verdere verwante velde sluit onder meer in argitektoniese sielkunde, sosio-argitektuur, gedragsgeografie, omgewingsosiologie, sosiale ekologie en omgewingsontwerp navorsing.
Geskiedenis Die oorsprong van die vakgebied kan teruggevoer word na die Romantiese digters, soos Wordsworth en Coleridge wat die aandag gevestig het op die krag van die natuur en die betekenisvolheid van menslike interaksie daarmee. Darwin het gewys op die rol van die omgewing in die vorming van evolusie. Hierdie idee is vinnig toegepas op menslike interaksies met die omgewing. 'n Uiterste Victoriaanse aanvaarding hiervan was 'omgewingsdeterministe' wat daarop aangedring het dat die fisiese omgewing en klimaat die evolusie van rasseienskappe beïnvloed het. Willy Hellpach is na bewering die eerste persoon om "omgewingsielkunde" by name te noem. Een van sy boeke, Geopsige, bespreek onderwerpe soos die wyse waarop die son en die maan menslike aktiwiteit beïnvloed, die impak van ekstreme omgewings en die uitwerking van kleur en vorm (Pol, E., 2006, Blueprints for a history of environment psychology I): From first birth to American transition. "Medio Ambiente y Comportamiento Humano", 7(2), 95-113). Van die ander groot geleerdes vanuit die grondslag van omgewingsielkunde was Jakob von Uexküll, Kurt Lewin, Egon Brunswik, en later Gerhard Kaminski en Carl Friedrich Graumann. Allesch 2003
Die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die noodsaaklikheid van leiding aangaande die dringende heropbouiings program na die vernietiging van die oorlog teweeggebring. Om aan die regering se beplanningsvereistes te voorsien, het baie lande navorsingsentrums opgerig wat 'n studie gemaak het van die wyses waarop mense ruimtes benut. In die VK het die Bounavorsingsentrum ruimtegebruik in huise en later geraasvlakke, verwarming en beligtingsvereistes bestudeer. Die glasmaker Pilkingtons het 'n daglig-navorsingseenheid, gelei deur Thomas Markus, op die been gebring om inligting te verskaf oor die invloed van natuurlike beligting in geboue en riglyne oor dagligvereistes. Peter Manning het dit verder ontwikkel by die Pilkington Navorsingseenheid aan die Universiteit van Liverpool in die 1960's. Hy het kantore bestudeer en een van die eerste mense in diens geneem wat 'n Ph.D in omgewingsielkunde verwerf het, Brian Wells. Markus het voortgegaan om die Bouprestasie-navorsingseenheid by die Universiteit van Strathclyde in 1968 op te rig met die sielkundige David Canter wat onder begeleiding van Wells en Manning was vir sy Ph.D by die Pilkington Navorsingseenheid. Canter het toe na die Universiteit van Surrey gegaan om daar in 1971 'n Omgewingsielkunde-program saam met die Departement Sielkunde op te stel. Die hoof van daardie departement was Terence Lee wat sy PhD oor die konsep van "buurt" onder toesig van sir Frederick Bartlett aan die Universiteit van Cambridge gedoen het.
Tesame met hierdie ontwikkelinge het mense in die VSA begin om hierdie kwessies binne en tydens omgewingsontwerp te oorweeg. Een van die eerste areas was die oorweging vir en van psigiatriese hospitale. Psigiaters het saam met argitekte gewerk om die ervaring van pasiënte wat geestesongesteld was in berekening te bring. Robert Sommer het sy boek oor 'Persoonlike ruimte' geskryf en Edward T Hall het as 'n antropoloog kommentaar gelewer oor die wyses waarop mense ruimtelik met mekaar in verhouding tree. Amos Rapoport het groot belangstelling onder argitekte gewek met sy boek 'Huisvorm en kultuur', wat aantoon dat die vorm van geboue nie net funksioneel was nie, maar ook allerhande kulturele invloede gehad het. Dit het bygedra tot die ontstaan van 'post-modernisme' in argitektuur, wat die simboliese eienskappe van argitektuur baie ernstig opgeneem het. Hierdie vroeë ontwikkelings in die 1960's en 1970's is dikwels gesien as deel van 'argitektoniese sielkunde'. Dit was toe Harold Proshansky en William Ittelson die omgewingsielkunde-program by die 'City University of New York Graduate Centre' opgestel het wat die term Architectural Psychology' vervang het met 'Environmental Psychology', die wyd gebruikte term vir die studie van die wyses waarop mense sin gemaak het van en interaksie gehad het met, hul omgewings. Dit is geïnstitusionaliseer toe Canter 'The Journal of Environmental Psychology' in 1980 saam met Kenneth Craik, 'n persoonlikheidsielkundige aan die Universiteit van Kalifornië in Berkeley, gestig het. President Nixon se veldtog om die verwoesting van die omgewing teen te werk, het verdere stukrag gegee aan 'n verandering in die vakgebied wat verskeie aspekte van geboue oorweeg het, en die wyse waarop daar singemaak word van stede, tot die breër kwessies van klimaatsverandering en die impak van mense in die globale omgewing, bewerkstellig het.
Omgewingsielkundige Omgewingsielkundiges is diegene wat die verhouding tussen menslike gedrag en die omgewing wat hulle omring bestudeer. Hierdie sielkundiges bestudeer enige tipe omgewing, selfs die omgewings wat "gebou" is, soos mense se huise. Hulle bestudeer die wyses waarop ons as mense optree en dan interaksie in die wêreld het. Vanaf Mei 2020 is die jaarlikse salaris van 'n omgewingsielkundige na raming $82,180. Die twee subdissiplines van die veld is bewaringsielkunde en ekosielkunde. Bewaringsielkunde is die studie van die ontwikkeling van houdings in die omgewing. Ekosielkunde is bykans dieselfde as bewaringsielkunde, maar dit fokus sterker op die bande tussen omgewings- en samelewingsdegradasie.
Oriëntasies Daar is verskeie oriëntasies binne die vakgbied van Omgewingsielkunde. Daar is probleem-georiënteerde, stelsel georiënteerde, interdissiplinêre en ruimte-oor-tyd oriëntasies.
Probleem georiënteerd Omgewingsielkunde is 'n direkte studie van die verhouding tussen 'n omgewing en die wyses waarop daardie omgewing sy inwoners beïnvloed. Spesifieke aspekte van hierdie veld behels die identifisering van 'n probleem, en om dan deur middel van die identifisering van die genoemde probleem 'n oplossing te ontdek. Daarom is dit nodig dat omgewingsielkunde probleemgerig moet wees.
Een belangrike aspek van 'n probleemgeoriënteerde veld is dat daar deur die proses om probleme te identifiseer, oplossings vorendag kom wat uit die navorsing verkry is. Die oplossings kan help om die samelewing as 'n geheel beter te laat funksioneer en 'n rykdom van kennis oor die innerlike werking van samelewings te skep. Omgewingsielkundige Harold Proshansky bespreek hoe die veld ook “waarde-georiënteerd” is as gevolg van die veld se verbintenis tot die verbetering van die samelewing deur probleemidentifikasie. Proshansky 1987, p.1477 Panyang bespreek die belangrikheid daarvan om nie net die probleem te verstaan nie, maar ook die noodsaaklikheid van 'n oplossing te besef. Proshansky wys ook op sommige van die probleme van 'n probleemgeoriënteerde benadering vir omgewingsielkunde. Eerstens moet die probleme wat geïdentifiseer word onder sekere spesifikasies bestudeer word: hulle moet aan die gang wees en in die werklike lewe voorkom, nie in 'n laboratorium nie. Tweedens moet die idees oor die probleme direk van die bron afkomstig wees - wat beteken dat hulle direk van die spesifieke omgewing moet kom waar die probleem voorkom. Die oplossings en begrip van die probleme kan nie uit 'n omgewing kom wat gekonstrueer en gemodelleer is om soos die werklike lewe te lyk nie. Omgewingsielkunde moet die werklike samelewing weerspieël, nie 'n samelewing wat in 'n laboratoriumomgewing gebou is nie. Die moeilike taak van die omgewingsielkundige is dus om probleme te bestudeer soos wat dit in die alledaagse lewe voorkom. Proshansky 1987, p.1478 Dit is moeilik om alle laboratoriumnavorsing te verwerp, want laboratoriumeksperimente is waar teorieë getoets kan word sonder om die werklike omgewing te beskadig. Dit kan ook as modelle dien wanneer oplossings getoets word. Proshansky maak hierdie punt ook, en bespreek die uitdagings in die algehele probleemgeoriënteerde benadering. Hy noem dat dit egter belangrik is dat die omgewingsielkundige alle aspekte van navorsing en ontleding van die bevindinge steeds benut en beide die algemene en geïndividualiseerde aspekte van die probleme in ag neem. Proshansky 1987, p.1479