Kye Allums (gebore op 23 Oktober 1989) is 'n voormalige basketbalspeler in die vrouespan van die George Washington-universiteit wat in 2010 uitgekom het as 'n trans man. Hy was die eerste openlik transgender NCAA Division I-universiteitsatleet. Allums is 'n kampvegter vir transgendersake, 'n openbare spreker, kunstenaar en mentor vir LGBT-jeugdiges.
Lewe Allums het drie seisoene vir die George Washington Colonials, die vrouebasketbalspan van die George Washington-universiteit in Washington, D.C., gespeel. Sy spanmaats het hom "Kay-Kay" genoem. Allums het mense begin vra om hom "Kye" te noem. Hy het in 2010 as 'n trans man uitgekom. Hy het aan die sportwebtuiste Outsports gesê: "My biologiese geslag is vroulik, wat my 'n transgender man maak."
In Mei 2011 het hy ophou basketbal vir die universiteit speel. Hy het in dié jaar sy B.A.-graad in die skone kunste behaal.
Allums het ná sy universiteitsopleiding deur die land begin reis om te praat oor die lewe van 'n transgender persoon.< Hy het hoërskole, kolleges en universiteite besoek om die transgender gemeenskap te bespreek en hoe dit moontlik is om transgender te wees en in 'n span te speel. Hy gee ook raad aan trans jongmense oor hoe om boelies te hanteer.
Hy het in Laverne Cox se dokumentêr The T Word verskyn. Die prent volg jong transgender individue en verduidelik wat hulle deurmaak.
In 2015 is hy in die Amerikaanse eresportsaal vir gays en lesbiërs opgeneem.
Verwysings
Skakels (geargiveer) "GW Transgender Player Deals With Wave of Publicity", AP
Kategorie:Transgender mense