Strelitzia juncea is 'n plant wat deel van die Strelitziaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap. Dit kom tussen Gqeberha, Uitenhage en Patensie voor en het 'n voorkomsgebied van 1300 km².

Die spesie se getalle neem af weens onwettige plantversameling, steengroefwerke en word ook bedreig deur indringerplante. Eksemplare is wel in die Kirstenbosch- Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad te sien.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Strelitzia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika