Die Paris La Défense Arena (tot 12 Junie 2018 bekend as die U Arena) is 'n modulêre, veeldoelige arena geleë in Nanterre, naby die Arche de la Défense, noord van Parys. Dit is op 16 Oktober 2017 ingewy met 'n konsert deur die Rolling Stones. Dit dien sedert Desember 2017 as die hoofkwartier en tuisstadion van die Franse Top 14-rugbyspan Racing 92. Met 'n maksimum kapasiteit van 40 000 is die U Arena een van die grootste veeldoelige arenas in Europa.
Tydens die Olimpiese Spele in Parys 2024 het dit die swem- en waterpolo-byeenkomste gehuisves.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Geboue en strukture in Parys Kategorie:Rugbystadions in Frankryk Kategorie:Sport in Parys