Raye Jean Montague (née Jordan; 21 Januarie 1935 – 10 Oktober 2018) https://www.nytimes.com/2018/10/18/obituaries/raye-montague-a-navy-hidden-figure-ship-designer-dies-at-83.html was 'n Amerikaanse vlootingenieur wat erkenning geniet vir die skepping van die eerste rekenaargegenereerde rowwe ontwerp van 'n Amerikaanse vlootskip. Sy was die eerste vroulike programbestuurder van skepe in die Amerikaanse vloot. https://www.huffpost.com/entry/janelle-monae-hidden-figure-raye-montague_n_58ac50d5e4b0f077b3ee04e7

Vroeë lewe en opvoeding Raye Jordan is op 21 Januarie 1935 gebore as die kind van Rayford Jordan en Flossie Graves Jordan in Little Rock, Arkansas. Sy is geïnspireer om ingenieurswese te studeer nadat sy 'n "midget"-duikboot gesien het, moontlik die HA 19 'n Japanese dwergduikboot, wat as 'n reisende uitstalling na hulle dorp, Little Rock, in Arkansa gekom het.

Van hierdie ervaring onthou sy: "My oupa het my na die middestad geneem om daardie duikboot te sien en ek kon met 'n leertjie in die duikboot afklim. Dit was soos 'n blik. Dit was my eerste kennismaking met skepe. Jy weet net nooit wat ’n mens inspireer nie.”

Sy studeer aan die Hoërskool Merrill in 1952. Sy het die Arkansas Agricultural, Mechanical & Normal College (nou Universiteit van Arkansas by Pine Bluff ) vir haar universiteits-opleiding bygewoon en in 1956 gradueer sy met 'n baccalaureusgraad in die wetenskap en besigheid. Destyds het die ingenieursprogram aan die Universiteit van Arkansas nie Afro-Amerikaanse studente toegelaat nie.

Loopbaan alt=photograph of Raye Montague working at her desk|duimnael| Raye Montague het 'n rekenaarprogram geskryf wat 'n rewolusie in die ontwerp van die Amerikaanse vlootskepe veroorsaak het Montague het in 1956 in Washington, DC, as 'n klerktikster by die Verenigde State se vloot aangesluit. By die werk het sy langs 'n 1950's UNIVAC I-rekenaar gesit en kyk hoe die ingenieurs dit gebruik totdat sy op 'n dag, toe al die ingenieurs siek was, ingespring het om die masjien te laat loop. Sy het rekenaarprogrammering by die nagskool geneem terwyl sy aangehou het om te werk en die programmeringswerk te leer. Sy is aangestel as 'n rekenaarstelselontleder by die Naval Ship Engineering Centre, en het later gedien as die programdirekteur vir die Naval Sea Systems Command (NAVSEA) Geïntegreerde Ontwerp, Vervaardiging en Instandhoudingsprogram, die afdelingshoof vir die Rekenaargesteunde Ontwerp en Rekenaargesteunde vervaardiging (CAD/CAM)-program, en adjunk-programbestuurder van die vloot se inligtingstelselverbeteringsprogram. alt=photograph of Raye Montague with two female sailors|duimnael| Raye Montague saam met matrose van Aegis Training and Readiness Centre In 1971 is haar departement een maand gegun om 'n rekenaargegenereerde skeepsontwerp te genereer. Deur bestaande geoutomatiseerde stelsels te wysig, het Montague die aanvanklike konsep vir die Oliver Hazard Perry-klas fregat in ongeveer 19 ure verskaf. Met hierdie prestasie het sy die eerste persoon geword wat 'n skip by wyse van 'n rekenaarstelsel ontwerp het. Sy het later ook op skepe gewerk soos die Seawolf-klas duikboot en die Nimitz-klas vliegdekskip, USS Dwight D. Eisenhower. Montague het in 1990 afgetree.

Montague is op 10 Oktober 2018 by die Baptist Health Medical Centre in Little Rock aan kongestiewe hartversaking oorlede.https://www.thv11.com/article/features/arkansass-hidden-figure-raye-montague-has-died-at-the-age-of-83/91-602801288

Toekennings

Meriete toekenning vir verdienstelike burgerlike diens (Amerikaanse vloot, 1972) 'Society of Manufacturing Engineers' Prestasie toekenning Achievement Award (1978) 'National Computer Graphics Association Award for the Advancement of Computer Graphics' (1988) Arkansas Women's Hall of fame (2018)

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Sterftes in 2018 Kategorie:Duikbote Kategorie:Amerikaanse rekenaarprogrammeerders Kategorie:Amerikaanse wiskundiges