Die Heidar Alijef Internasionale Lughawe (Azerbeidjans: Heydər Əliyev adına Beynəlxalq Hava Limanı; IATA: GYD, ICAO: UBBB) is 'n internasionale lughawe 20 km noordoos van Bakoe, Azerbeidjan, die belangrikste lughawe vir binnelandse en buitelandse vlugte in Azerbeidjan en die besigste lughawe in die Kaukasus. Die lughawe is in 1933 as die "Bina-lughawe" tydens die Sowjet-era geopen.История авиации Азербайджана. Баку. 2012 с. 13 ISBN 978–9952–27–343–4 In 2004 is dit herdoop na die voormalige president van Azerbeidjan, Heidar Alijef. About Heydar Aliyev Airport. Airport.az

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Heidar Alijef Internasionale Lughawe

Kategorie:Lughawens in Azerbeidjan Kategorie:Vervoer in Bakoe